………….en daar lê die ding

Die kroeg en die kerk lê langs mekaar en daar lê die ding. Hier was nog altyd ‘n drankwinkel in die dorp en die pryse was goed.

Toe tree een van die belangrike staatsdiens-amptenare af en gebruik sy pensioen om die drankwinkel te koop. Die eerste keer wat ek daar ingaan, loop alles mooi. Toe ek nou weer daar kom net een maandjie later, is my medisyne, dis nou whiskey, sommer R15 duurder. Draai toe maar om, dis nou net een te erg. 

Saterdag gaan die gesprek tussen my en my saterdag-oggend-venster-raam-restoureerder so.

Ekke:. hene maar daardie bottelstoor het darem oornag baie duur geword nê.

Hy; Nee jy moenie soontoe gaan nie, Sien,jy ry nou voor die Metodiste kerk verby nê, en net langsaan is ‘n groot huis en dan loop jy net so in die gangetjie af langs die huis en daar is die bottelstoor. Dis anti Dien se neef. (almal is een of ander iets van die ander hier)

So ry ek toe vandag die roete, sien nie ‘n enkelte ding van die straat af nie, Om die waarheid te sê het ek al seker 100 keer daar verby gery. Loop versigtig in die gangetjie af en sowaar, skoon en netjies, binne die wet en alles, en goedkoper as enige ander plek.       “By word of mouth” bly maar koning.drankwinkel 015

Wil net sê my swaeltjies is nou amptelik 22 dae laat. Hier is nog nêrens enige swaeltjies te sien nie. My hart sit in my skoene.

14 thoughts on “………….en daar lê die ding

Lewer kommentaar