O die pyngedagte…..

Ek het nou net eers ‘n houtblokkie gaan haal, waarmee ek die luike oophou, om aan vas te hou voor ek die sin gaan skryf. Ek is genadiglik baie gesond. Die enigste medikasie wat ek gebruik is tissuesalts net vir ingeval, en natuurlik drink ek elke aand ‘n Whiskey. Die beste medisyne wat daar is……

MAAR elke winter kry ek een ingroei toonnael. Voorheen het ek maar so voortgepyn tot dit weer sandale-tyd is. Hierdie jaar egter het ek gehoor van ‘n Suster Rina in Worcester wat so toor met seer voete. Moes twee weke wag vir ‘n afspraak, wat altyd ‘n goeie teken is, maar mens is mos maar mens, die twee weke was ekstra pynvol, asof dit al is wat ek kon aan dink.

Die groot dag breek aan en ek kan sommer aan daardie hande voel sy weet wat sy doen. Kners maar op my tande want ek wil nou nie nog ‘n dooie voet ook hê nie. Die stukkie nael wat sy uithaal is so klein sy moes dit met die tangetjie vashou. Die verligting was so groot toe ek my skoen aantrek en geen pyn nie, dat dit  letterlik gevoel het of ek op ‘n wolkie sweef. Maar dis nie al nie, ek het agter gekom hoe ek mettertyd my gewig verskuif het terwyl ek loop, en dit het die res van my liggaam beinvloed. Moes eers kaalvoet loop vir ‘n dag of twee om alles weer terug in balans te bring.

Dink ek so by my sigselwers. Baie keer het mens ‘n renonsgeit teenoor iemand wat jy in jou rond dra wat so deel word van jou dat jy dit nie eers agterkom nie. Dan, eendag besef jy maar dis nie nodig om met die renons rond te loop nie, jy kan dit uithaal en weggooi, en as jy eers sien hoe nietig die oorsaak is, wonder jy hoekom jy so lank daarmee rond geloop het……

20 thoughts on “O die pyngedagte…..

      1. monicahaddad01 Post author

        O ja! Ek was 7 jaar gelede daar, en ek verlang, Het darem ‘n botteljie grond van die Koepel 😉

    1. monicahaddad01 Post author

      Teen daai tyd het ek twintig tone, en om dan te probeer skat watter is nou die seer ene kan nogals in ;n komedie ontaard, dink jy nie?

      Antwoord
  1. melouisef

    Skoene baie belangrik want n stoute kind die rede vir my renons het op my reeds seer voet gespring en op die vliegtuig het my voet so geswel dat ek met moeite my sandale kon aankry! Ek sou sommer jou suster gaan besoek en sonder afspraak indruk. Ek is maar n Sissie as dit kom by pyn!

    Antwoord
    1. monicahaddad01 Post author

      Hehe Lewies, ja ons moet so pakesel hê, net ingeval die kat ontydig kleintjies kry, of jou vinger voor die hamer inspring………

      Antwoord
    1. monicahaddad01 Post author

      Dit was een van die siektes wat onmiddelik gesond was maar nou word my spiere so seer want ek moet hulle nou eers leer om weer reg te loop, maar hierdie was ‘n wen wen, dankie tog!

      Antwoord

Lewer kommentaar