Maart-maand

Vandag is die eerste dag van Maart. My pa sou vandag 106 jaar oud gewees het. Dis ook die maand van die Visse. Daar is baie op en af swemende Visse in my direkte familie. Die 5de Maart is volmaan.  Vanaf die 11de Maart begin die sewende en laaste Pluto/Uranus vierkant in plek val. Die eerste ene het 2011 begin. Op 20 Maart is dit die nag /dag ewening. Vir my beteken dit die amptelike draai van die seisoen oppad mid-winter toe. So baie goed wat om ons gebeur waarvan ons nie eers bewus van is nie, maar wat tog ons lewens beinvloed.

Vandat ek kan onthou het ek altyd met my hande in die grond gewoel. Ek het verstaan van planttyd en groeityd en oestyd sonder dat ek enig van die goed geweet het, net wat Johannes my geleer het, as die maan groei dan plant jy goed wat bo grond groei en as die maan krimp dan goed wat onder grond groei. Maar oor jare het die Aarde  my geleer omdat ek ‘n deelnemer was. Kyk net rond en neem waar. Al die lesse lê in die Natuur.

Tradisioneel is Februarie en Maart ons bloedsweet maande. Die temperatuur huiwer net so om die 40gr. Nie hierdie jaar nie. Heerlik bewolkte dae met temperature so om die 30gr. My konneksie met die Natuur sê vir my Moeder Aarde is besig om haarself te vernuwe en die skade wat ons aangerig het te herstel. Wat ‘n verskil gemaak het was ‘n klein groepie mense die hippies en die “greenies” van die jare 60 wat stadig en toe vinniger en nou baie vinnig gegroei het tot ‘n groot verskeidenheid van belange groepe, wat  wanpraktyke ontbloot en met nuwe innoverende planne vorendag kom. Herwinning is maar een so voorbeeld wat nou praktyk geword het.

Toe ek vanoggend my Sojournal dagboek, wat ook ‘n handleiding is, oopmaak val my oog op die skrywe. Dis deur Tatanga Mani (Walking Buffalo) Een van ‘n bevolkingsgroep wat nooit los geraak het van die Natuur nie.

009

Lots of people hardly ever feel real soil under their feet, see plants grow except in flower pots, or get far enough beyond the street light to catch the enchantment of a night sky studded with stars.When people live far from scenes of the Great Spirit’s making, it’s easy for them to forget His Laws.

12 thoughts on “Maart-maand

    1. monicahaddad01 Post author

      Dis omtrent hoe jy my sal kry op ‘n gereelde basis, maar al swetende en kruenende nie so idillies soos jy dit hier stel nie, dit sou baie lekker wees 😉

      Antwoord
      1. Spokie sny spoor

        Eintlik het ek lank gesukkel om by jou blog in te kom. As ek nou ook weer op die avatar kliek maak hy nie oop op regte plek. Hoop ek kom weer by jou uit.

Lewer kommentaar