Uie laat mens huil

Uie laat mens huil as mens dit sny, maar uie laat jou ook huil as jy te lui is om plaas toe te ry om ‘n baal strooi te gaan koop.

uie 002

Hierdie jaar het ek my eie saailinge gemaak, selfs rooi uie saad gevind. Maar my bitterlik misgis met hoeveel saailinge uit daai pakkies saad gaan spruit. Weduwee se kruik…..en sommer die pampoenland op die ou end ook vol uie geplant, en daar is nog oor om weg te gee.

Pleks dat ek toe nou ry en gaan strooi soek vir ‘n kombersie oor die plantjies stel ek uit en binne 3 dae staan die onkruid geiler as die uie en mens kan nie jong plantjies uittrek nie want die wortels bly agter, so nog ‘n paar dae wag. Intussen het ek en my tuinier se paaie uitmekaar geloop (dankie tog) en raai wie moet die onkruid uittrek? Kiepie, al 35000 van hulle.(die getal het in my brein vasgehak) Dan bietjie mis strooi en dan die grassnysels oor gooi sodat die blerrie goed nie weer groei nie en ook om die vog langer in die grond te hou om water te bespaar. Daar is nie kortpaaie nie. en dit vat tyd…… ‘n uur en ‘n half voel soos 5 minute, maar dit gee mens tyd om te dink, nuwe planne te maak, ou planne te hersien, genoeg tyd vir dag-droom en wense formuleer. Dit was toe nie so erg na alles nie, maar het einde is nog niet is ek bevrees, dis baaaaie…. .uie 003

14 thoughts on “Uie laat mens huil

  1. perdebytjie

    Ek lag vir jou 35000.Lyk my die gedagte aan soveel kaaimanne,het jou brein laat vasslaan.Dit was egter 35 miljoen! Ek het weer gaan seker maak nadat jy die prentjie geskets het van hope krokodille op mekaar!
    Jou tuin lyk pragtig!

    Antwoord
    1. monicahaddad01 Post author

      Dankie tog daar is nie 35 miljoen onkruid nie, Ek kry sommer ‘n pyn in my hart as ek probeer dink aan 35miljoen kaaimanne ! Dit het ‘n blywende indruk op my gemaak !

      Antwoord
    1. monicahaddad01 Post author

      Het jy geweet die stapelvoedsel van die piramiede-bouers was uie en knoffel? so ek neem aan mens sal meer as oorleef as daar net uie op die tafel is….

      Antwoord
  2. ddupl3ss1s

    Oe maar ek is gaande oor jou tuin .. ag ek bewonder jou soepelbuigsaamheid..dink net so gebukkend aan onkruid uittrek.. laat my dink aan skoffel kleintyd met pik op die walle van die Vaal in die Koepel…menige dag het so skoffelpik gegly – die kalwers het al tougestaan as iets oor die draad gegooi word ..Pa moes nie sien nie..

    Antwoord
  3. coetzee2014

    Jou tuin is baie mooi. Onthou tog maar, soms is daar nog baie onkruidsaad in daardie mis versteek. Jy sal ‘n plaasmark daar op die beenmoet kry. Organiese groente!

    Antwoord
    1. monicahaddad01 Post author

      Ek het ‘n plan, gaan dit op my droograk laat lê tot Paasfees as almal kerrievis maak en uie skaars is, 😉

      Antwoord

Lewer kommentaar